
Genade – Die Krag van die Evangelie – Book (PDF Digital Download) (Afrikaans)
£7.00
Deur die Apostel Paulus se openbaring, van wat Jesus gedoen het, in die boek van Romeine te verstaan, sal jy nooit weer wonder of jy aan die standaard voldoen nie.
English title: Grace – The Power of the Gospel
Format: PDF
Page count: 175
ISBN: 978-1-906241-76-6
ONLANGSE NAVORSING TOON dat die oorgrote meerderheid Christene, diegene wat daarop aanspraak maak dat hul wedergebore is, glo dat hul redding ten minste gedeeltelik van hul optredes en prestasies afhang. Ja, hulle glo dat Jesus vir hul sondes gesterf het, maar sodra hul Hom as hul Saligmaker aanvaar het, glo hul dat hul steeds aan ’n sekere standaard moet
voldoen om “goed” genoeg te wees.
Indien dit waar is, wat is daardie standaard dan en hoe weet jy wanneer jy daaraan voldoen het? Die Kerk probeer al vir eeue om hierdie vrae te beantwoord en die resultate lei altyd na godsdienstige en wettiese gebondenheid.
Wat is die antwoord dan? Dit begin deur die regte vraag te vra. Dit is nie: “Wat moet ons doen?” nie, maar eerder: “Wat het Jesus gedoen?” Deur die Apostel Paulus se openbaring, van wat Jesus gedoen het, in die boek van Romeine te verstaan, sal jy nooit weer wonder of jy aan die standaard voldoen nie.
|


